Tsaar

Tsaar Stefan Uroš IV Dušan van Serwië.

Tsaar (Russies: царь; Bulgaars en Serwies: цар) is ’n vorstelike titel vir die historiese heersers van Rusland, Bulgarye en Serwië. Afhangende van die tyd en land, kan tsaar keiser of koning beteken.

Die woord, wat van die Romeinse titel Caesar afgelei is, het aanvanklik keiser beteken. In Rusland en Bulgarye het dié betekenis mettertyd vervaag en teen die negentiende eeu het die woord eerder koning beteken. Nog later is die term vir vors in die algemeen gebruik, nie spesifiek vir ’n keiser of koning nie.

Tsaar was in die volgende lande die amptelike titel van die heersers:

  • Bulgarye in 913–1018, in 1185–1422 en in 1908–1946
  • Serwië in 1346–1371
  • Rusland van omstreeks 1547 tot 1721.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search